Gauteng betaal Microsoft in Amerikaanse dollar in plaas van rand

Die DA in Gauteng sê die provinsiale tesourie het byna 6,8 miljoen rand van belastingbetalers se geld weens nalatigheid verloor. Die departement het verkeerdelik 20,9 miljoen Amerikaanse dollar in plaas van 20,9 miljoen rand aan Microsoft-fooie betaal. Die grootste deel van die verskil van 318 miljoen rand is terugbetaal, maar weens wisselkoersverskille het die departement 6,8 miljoen rand verloor. DA-woordvoerder Adriana Randall sê Suid-Afrika kon hiermee 48 000 Johnson & Johnson-inentings gekoop het.