Blou Bulle se wedstryd teen Britse en Ierse Leeus in gedrang

Die Blou Bulle se wedstryd Saterdag teen die Britse en Ierse Leeus is in gedrang na talle Bulle vandag glo positief vir Covid getoets is net voor hulle in ‘n bio-borrel sou bly tot die kragmeting. Die spelers is in self-isolasie.