Guptas nie meer op Interpol se rooilys

Die Nasionale Vervolgingsgesag het gister se aankondiging dat Interpol rooi kennisgewings uitgereik het vir die Gupta-broers, Atul en Rajesj, en hulle vroue teruggetrek. Hulle word in Suid-Afrika gesoek op aanklagte van bedrog en geldwassery. Die NVG-woordvoerder Sindisiwe Seboka sê die internasionale liggaam moet voorleggings van hierdie aard teen Interpol-vereistes meet voordat besluit kan word om rooi kennisgewings uit te reik.