Aktivis Summers kry borg op verkragtingklag

Die gemeenskapsaktivis van Narraville, Irvin Basil Summers, wat daarvan aangekla word dat hy ‘n minderjarige meisie by Walvisbaai verkrag het, is op borgtog van 15 000 Namibiese vrygelaat met streng voorwaardes. Landdros John Sindano het gelas Summers moet sy reisdokumente inhandig, moet een keer per week by die Narraville-polisiestasie aanmeld en moet ook nie die slagoffer of haar onmiddellike familie kontak nie.