Fopnuus oor Covid-19 kan jou tien jaar in tjoekie laat sit

Die prokureur-generaal van Namibië, Festus Mbandeka, het tydens die Covid-opdatering gesê dat sommige lede van die publiek om vals inligting oor Covid-19 deel. Mbandeka het gesê die verspreiding van vals Covid-inligting kan iemand in die moeilikheid laat beland as hy of sy skuldig aan so ‘n oortreding bevind word. Hy het gesê die vonnis kan tot tien jaar gevangenisstraf wees.