Gasa begin met bloedskenking vir aardbewing-beseerdes

Mense in Gasa skenk bloed om diegene te help wat beseer is in die aardbewings wat Turkye en Sirië getref het. Die koördineerder van die Al-Amal-stigting vir weeskinders, Naglaa Al-Ghalayini, sê die veldtog vorm deel van ‘n solidariteits-projek wat Palestynse vrywilligers uitvoer. Al-Ghalayini sê die projek is om die idee te vestig dat die Arabiese en Islamitiese wêreld een liggaam is. Hy sê die stap is in lojaliteit aan al die mense wat die Palestynse saak en vir Gasa ondersteun het.