Modise waarsku teen onttrekking van magte uit DRK

Die Suid-Afrikaanse minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, het die belangrikheid beklemtoon van Suid-Afrika se rol om vrede in Afrika te handhaaf. Sy het op die lugmagbasis van Waterkloof gepraat waar die oorskot van Vusi Mabena uit die Demokratiese Republikiek van die Kongo aangekom het. Hy was deel van die Suid-Afrikaanse kontingent van die Verenigde Nasies se vredesmag en is deur ʼn skerpskutter doodgeskiet terwyl hy aan diens was. Modise het gewaarsku om van vredespogings in die streek te onttrek, sal groter probleme vir Suid-Afrika skep.