Galactic draai om op 86 kilometer in die lug

Die miljardêr Richard Branson het gister suksesvol aan boord van sy Virgin Galactic-vuurpylvliegtuig na die rand van die ruimte gereis en na die planeet Aarde teruggekeer. Galactic het omgedraai op ‘n hoogte van 86 kilometer. Branson het hoog bo Nieu-Meksiko in die VSA gevlieg in die tuig wat sy onderneming 17 jaar geneem het om te ontwikkel. Hy sê hy wil ‘n wêreld hê waar mense van alle ouderdomme, met enige agtergrond, van enige plek, van enige geslag of enige etniese groep gelyke toegang tot die ruimte sal hê: