Poging om N$730 000 te steel misluk

‘n Werknemer van Bank Windhoek op Opuwo het volgens die Namibiese polisie oor die naweek vlug ingeslaan nadat hy amper 730 000 Namibiese dollar oorbetaal het in verskeie rekenings. Die fondse is volgens berigte deur verskeie besighede inbetaal. Hy het ook volgens wat berig word ‘n onbekende hoeveelheid kontant by hom gehad toe hy die perseel verlaat het. Die verdagte het met ‘n vriend se motor, wat hy gesê het hy wil in die dorp gebruik, tot in Oshakati gevlug en die voertuig daar gelaat. Volgens Nampol, is die oorbetalings reeds reggestel nadat dit met sluitingstyd agtergekom is. Die ondersoek duur voort. Intussen is twee Chinese werkers by Cheetah-sement in Otjiwarongo van 20 000 Namibiese dollar, 300 Amerikaanse dollar en 400 Chinese renminbi beroof. Die vier gewapende rowers het ook weggekom met ‘n skootrekenaar en vier selfone.