Maties: Afrikanerbond sê Afrikaans word sondebok gemaak

Die Afrikanerbond is van mening die verslag oor die bewerings van rassisme by die Universiteit Stellenbosch is nie op ‘n feitelike grondslag gestaaf nie. Die organisasie glo die aanbevelings oor transformasie is ‘n aanval op die Afrikaanse taal en nie ‘n daad van rasse-diskriminasie nie. Die Afrikanerbond se woordvoerder, Jan Bosman, sê die Khampepe-verslag wys nie die betrokke voorvalle uit nie, maar gebruik Afrikaans eerder as ‘n sondebok en oorsaak van rassisme by die instelling: