Fratsongelukke eis twee die naweek

Twee fratsongelukke het die naweek die lewens van twee mense geëis. In die eerste geval het ‘n 42-jarige Zambiese vragmotorbestuurder homself onder ‘n verbygaande vragmotor ingegooi en is op slag dood. Volgens die Namibiese polisie is die man op heterdaad op die roete agter Duin 7 aan die kus betrap waar hy brandstof by ‘n stilstaande vragmotor gesteel het en die eienaar van die vragmotor wou die polisie skakel. Op Rundu het ‘n groot Mercedes-Benz vragmotor by ‘n opdraande krag verloor en begin agteruit loop. Passasiers agter op die vragmotor het afgespring en die 14-jarige Mavara Shifura, ook ‘n passasier is doodgery. Die polisie sê die bestuurder van die vragmotor was nie gelisensieerd nie en die vragmotor was nie padwaardig nie.