Huldeblyke vir Franci

Huldeblyke stroom in na die skielike dood van die bekende Suid-Afrikaanse akteur Franci Swanepoel. Min besonderhede is bekend, maar die 50-jarige Swanepoel is Sondagoggend in haar slaap oorlede. Sy was ten tye van haar dood besig met die verfilming van ‘n dramareeks vir KykNET, en was bekend vir haar rolle in TV-reekse soos Binnelanders, Getroud met Rugby en Sterlopers. Swanepoel word oorleef deur haar man Max Baer, haar ma Marida Swanepoel, en ‘n broer en suster. Haar pa was die bekende radioman en nuusleser, Nic Swanepoel. Sy was sedert kykNET se ontstaan betrokke by die kanaal en die gewilde Fiësta-program was haar idee. Sy het in Augustus 2021 op die geselsprogram Bravo! gesê sy het ook nuus gelees.