Fraser sê Ramaphosa jok oor Phala Phala

Die gewese spioenbaas Arthur Fraser beskuldig President Cyril Ramaphosa dat hy jok oor die oorsprong van die miljoene rand se buitelandse valuta wat volgens berigte op sy plaas in Limpopo gesteel is. Ramaphosa het verduidelik die kontant op Phala Phala was inkomste uit sy wildsboerdery. Fraser glo die president se sakerekords sal dit moet bewys, en sê Ramaphosa se raadgewer, Bejani Chauke, het die geld waarskynlik na Suid-Afrika gebring. Opposisiepartye eis ook meer inligting en Cope sê ondersoekers moet Ramaphosa soos ‘n gewone verdagte hanteer.