Tolhekke is op pad, sê Ipinge

Die uitvoerende hoof van die Padfondsadministrasie Ali Ipinge hou voet by stuk dat tolhekke deel van hulle strategie en beplanning vorm. Die administrasie verloor ongeveer 100 miljoen dollar ‘n maand as gevolg van die besnoeiings in sy brandstofheffing. Ipinge sê deur tolfooie op net 23 dele van die land se paaie te hef, kan daar inkomste van tussen 500 en 750 miljoen Namibiese dollar verdien word.