Justisie het gesloer in Fishrot ondersoek

Die nuus dat ‘n lasbrief vir die in hegtenisname van die Windhoek prokureur Maren de Klerk in die buurland uitgereik is lok reaksie uit. Sommige kenners meen dat die Namibiese ministerie van justisie baie vinnig te werk gegaan het maar, die direkteur in die Namibiese Regshulpsentrum Toni Hancox stem nie saam nie.