Franse oester-boer vang diewe so….

‘n Franse oester-boer het ‘n innoverende manier gevind om die diefstal van sy oesters hok te slaan. In Frankryk is oesters groot geld en een boer, Christophe Guinot het tot 3 metrieke ton op ‘n slag deur diefstal verloor. Maar, ‘n boer maak mos ‘n plan. Hy het ‘n nota in ‘n leë oester-skulp geplaas wat sê die gelukkige persoon wat die nota vind, pas soveel oesters gewen het as wat hy of sy weeg. Hy het ‘n nommer bygevoeg wat geskakel moet word, die leë dop toegelym en by sy ander oesters ingegooi. Guinot sê een persoon wat geskakel het, het die oesters by die dief gekoop en ‘n ander was van ‘n dief self. So is die gestelery heeltemal hokgeslaan omdat mense huiwerig geraak het om sommer by enigiemand oesters aan te koop. Daar was tot 19 diefstalle jaarliks maar sedert 2020, is nog nie een geval aangemeld nie.