Franse juweliersfirma Messika ontvang eerste diamante van Namdia

Die bekende Franse juweliersfirma, Messika, het vandag amptelik die heel eerste pakkie gesogte en kosbare Namibiese diamante wat by Namdia gekoop is, tydens ‘n baanbrekersgeleentheid in Windhoek oopgemaak. Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta sê aangesien Namibië steeds ‘n bestendige invloei van beide buitelandse en plaaslike beleggings sien, moet die omgewing erken word vir die impak wat dit op die Namibiese ekonomie het, veral ten opsigte van werkskepping. Shifeta sê Messika is een van die mees gesogte juweliers-handelsmerke wêreldwyd, met sterbelaaide aanhangers soos Beyonce en Charlize Theron, en sal bydra tot die toerisme-sektor in Namibië.