Gewilde Mata Mata-grenspos nog nie heropen

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake se woordvoerder, Margarot Kalo, het bevestig dat die grensposte van Onseepkans, Rietfontein en Sendelingsdrift tussen Suid-Afrika en Namibië heropen het. Die grensposte was sedert 2020 gesluit weens die Covid-pandemie. Daar word nog besluit oor wanneer die gewilde Mata Mata-grenspos gaan heropen. Kalo sê aan Kosmos 94.1 Nuus Sendelingsdrift is egter nie gereed vir onmiddellike heropening nie weens die watervlakke van die Oranjerivier en die vlot wat gebruik word.