Richelieu Eagles hoop om vandag rekord reg te stel teen Skotland

Die Namibiese krieketspan sal baie graag vandag wil wys dat hulle die vereiste aanpassings kon maak in hul herontmoeting met Skotland. Die Namibiërs kon Sondag in hul openingswedstryd van die Krieket Wêreldbeker Liga 2 driehoekige eendagreeks teen Skotland nie die pas volhou nie en het met 77 lopies verloor. Die Richelieu Eagles se wedstryd teen die Skotte skop om half-twaalf vanoggend in Glasgow af.