Angolese stem vandag

Angola sal vandag vir ‘n nuwe president en Parlement stem en die grootste tweestryd word in Afrika se tweede-grootste olieprodusent verwag sedert die land in 1975 onafhanklikheid van Portugal bekom het. President João Lourenço het voorkeur gegee aan korrupsiehervormings sedert hy in 2017 aan bewind gekom het. Hy is ‘n lid van die regerende MPLA, en kom te staan teen  Adalberto Costa Júnior van die rebelle-opposisiegroep, Unita. Ontleders verwag dat die regerende MPLA sal wen ondanks toenemende steun vir die opposisie.