Franse ambassade in Kenia waarsku oor dreigende terreur-aanval

Frankryk se ambassade in Nairobi het die regering van Kenia ingelig oor die moontlikheid van ‘n dreigende terreur-aanval teen Westerlinge in die land. Hy het Franse burgers gemaan om uiters versigtig te wees, veral as hulle plekke besoek waar buitelanders graag saamtrek. Duitsland en Nederland het ook hul burgers gewaarsku dat restaurante, hotelle en winkelsentrums in die hoofstad moontlike teikens is. Die plaaslike polisie het veiligheidsmaatreëls verskerp in die lig van die inligting.