SA Express gelikwideer

Die Suid-Afrikaanse lugredery, SA Express, is onbestrede gelikwideer. Die hooggeregshof in Johannesburg het vandag die bevel gegee op die laaste dag vir die finale likwidasiebevel om aangehoor te word. Die lugredery is in 2020 onder voorlopige likwidasie geplaas. Die hoofsekretaris van die Dynamic People’s Union, Mashudu Raphetha, sê die vakbond is teleurgesteld omdat die lugdiens nie gered kon word nie.