Farao Amenhotep digtaal ‘ontbloot’

Egipte het die toegedraaide oorskot van die befaamde Farao Amenhotep die eerste, digitaal ontbloot en sy mummie met gesofistikeerde skanderingstegnologie aan die wêreld bekend gestel. Die Farao se graf is in 1881 ontdek en is gedateer tot 1 500 jaar voor Christus. Amenhotep is die eerste mummie wat nie oopgemaak is nie en die skanderings toon dat hy ook die eerste in Egipte was wat begrawe is met sy arms oor sy bors gevou. Die tegniek wat gebruik is, is uniek omdat die oorskot glad nie versteur is nie. Die beelde wys sy gesig, sy ouderdom en sy algemene gesondheid. Amenhotep was vir 21 jaar aan bewind en het op die ouderdom van 35 gesterf, vermoedelik van ‘n besering of ‘n siekte. Met die nuwe metode was dit moontlik vir wetenskaplikes om sy doodsmasker en die blomme wat om sy kop geplaas is, te bewaar.