Frankryk is in sig vir Namibiese swemmers oor Engelse Kanaal

Die drie Namibiese swemmers het vanoggend bitter vroeg vanaf Dover in Engeland weggespring om oor die Engelse Kanaal na Calais in Frankryk te swem. Hulle swem in ‘n aflos-formaat in die yskoue water sonder duikpakke. Die swemmers is Christopher du Plessis, Roual Spangenberg en John Valentin. Hierdie uitdaging is ten bate van die Ladybug-trust. Spangenberg het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…

Op bystand is Pierre Knoetze wat sê dat die swemmers vasbyt met Frankryk wal al in sig is.