EFF omgekrap oor Ramaphosa nie Reserwebank-spertyd haal

Die EFF sê hulle is nie verbaas dat President Cyril Ramaphosa nie gehou het by die spertyd vir die antwoord van vrae van die Suid-Afrikaanse Reserwebank se toesige-enheid oor wat by die Phala Phala-plaas gebeur het nie. Die span moet bepaal of enige wette oortree is met die hantering van buitelandse valuta. Die nasionale woordvoerder van die EFF, Sinawo Tambo, beskryf die verdere uitstel deur die Reserwebank as onregverdigbaar. Tambo moedig die Reserwebank aan om die ondersoek voort te sit.