SAOG se water, energie onder die loep

Na aanleiding van nuus dat SAOG op 4 November ‘n gesamentlike vergadering van die komitee van ministers verantwoordelik vir energie en water sal hou het Kosmos 94.1 Nuus met die woordvoerder van die landbouministerie, Jona Musheko, gesels oor die land se beskikbare waterbronne. Musheko sê daar is akwifers en ontsouting wat ‘n wesenlike rol kan speel.