Foutiewe gaskoppeling verwoes talle huise in Okahandjapark

‘n Foutiewe gaskoppeling het gelei tot ‘n groot brand in Okahandjapark in Okuryangava in die hoofstad. Kosmos 94.1 Nuus was op die toneel waar die gebied in puin gelê is. Die brandweer het uiters vinnig reageer en terwyl sommige pasiënte mediese behandeling ontvang het is daar geen sterfgevalle aangemeld nie. Die gebied is digbevolk en die informele huise is baie naby aan mekaar. Terwyl daar nog nie geen bevestiging is nie het tussen 12 en 17 wonings afgebrand. Owerhede het weer inwoners gemaan om uiters versigtig te wees met vlambare stowwe.