Four Paws veroordeel teel van groot katte in aanhouding

‘n Aktiviste-organisasie wat hom beywer vir ‘n verbod op die teel van alle groot katte in aanhouding, Four Paws, het sy medelye uitgespreek met die familie van David Solomon. Hy is in ‘n roofdierpark in Gqeberha (Port Elizabeth) deur ‘n Siberiese tier doodgemaak. Die Seaview-roofdierpark se bestuur het in ‘n verklaring gesê daar is aan die kamp se elektriese heining gewerk toe die dier uitgekom het. ‘n Woordvoerder van Four Paws, Fiona Miles, sê dis onaanvaarbaar dat sulke voorvalle en lewensverlies steeds plaasvind.