Four Paws SA loof beleidsrigtings in Ontwerp-witskrif oor bewaring

Die diere-welsynsorganisase Four Paws in Suid-Afrika sê die omgewings-departement moet geloof word vir verskeie beleidsrigtings in die Ontwerp-witskrif oor die bewaring en volhoubare gebruik van bio-diversiteit. Die witskrif gee uitvoering aan onder meer die aanbevelings wat ‘n paneel van kundiges in 2019 gemaak het. Die direkteur van Four Paws, Fiona Miles, sê die huidige beleid oor die bestuur van leeus, luiperde en renosters word hersien.