Fopnuus oor inentings irriteer

Veldtogte en optogte deur mense wat huiwerig is oor Covid-19-inentings maak oral in die wêreld opslae. Die medestigter van die BroadReach-groep in Suid-Afrika, Ernest Darkoh, sê ‘n paar opspraakwekkende gevalle het voorgekom waar mense met oënskynlike professionele geloofwaardigheid gevaarlike uitsprake maak wat vals inligting bevat. Die organisasie versprei inligting oor gesondheidskwessies soos Covid-19. Darkoh sê net omdat iemand ‘n dokter is, beteken nie dat hy of sy die jongste inligting oor immunologie verstaan nie en daarom moet sulke stellings behoorlik nagegaan word: