Inenting teen malaria toon positiewe uitslae

‘n Proefneming wat in die New England Journal of Medicine gepubliseer is toon malaria en sterftes aan dié siekte onder kinders in Afrika kan met 70 persent verlaag word as hulle voor die seisoen se hoogtepunt ingeënt word. Die navorsers sê die uitslag is selfs beter as voorkomende medisyne bygevoeg word. Sesduisend kinders jonger as 17 maande in Burkina Faso en Mali het aan die proefneming deelgeneem. Sowat 400 000 mense sterf jaarliks aan malaria en die meeste hiervan is jonger as vyf jaar.