Fokus nou op sonneblomproduksie

Die Namibiese Akkerbouprodusente-vereniging nooi produsente uit om hul jaarlikse ledevergadering en inligtingsdag op 4 en 5 April by te woon. Die tema vir hierdie jaar is “Alternatiewe gewasse met spesiale fokus op sonneblomme in ‘n herlewingsboerdery-stelsel.” Die doel is om bewustheid te skep van die voordele van wisselbou met sonneblomme. Die geleenthede vind op die plaas Venus van Klaas Malan, 20 kilometer buite Grootfontein plaas. Produsente kan uitsien na veldbesoeke en aanbiedings deur dr. Andre Nel. ‘n Boer in die Grootfontein-distrik Dawie Kok, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.