Gholf: Tsumeb-speler kwalifiseer vir nóg toernooie oorsee

Gholf: Die graad 12-leerder van Tsumeb Gimnasium, Xavier Schreuder, wat die eerste Namibiër ooit sal wees wat aan die Kampioen van Kampioene Wêreldtoernooi vir junior amateurspelers in Noord-Ierland mee te ding, het nog ‘n internasionale uitnodigings gekry. Die 18-jarige Schreuder het ook gekwalifiseer vir die Callaway Wêreld-kampioenskappe in Kalifornië in die VSA. Dit vind plaas ‘n week voor hy einde Julie in Noord-Ierland sy gholfstokke sal swaai. Hy het ook vir die Asiese Junior Meesters en Australiese Junior Ope gekwalifiseer. Schreuder se ma Angelique sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy benodig borge om Namibië se naam hoog in die buiteland te hou.