FNB maan oor nuwe bedrogspul

FNB Namibia waarsku Namibiërs oor ‘n nuwe bedrogspul wat onstaan het waar bedrieërs probeer om toegang tot kliënte se eWallet-rekeninge op die FNB-toep te kry. Elzita Beukes, FNB se kommunikasiebestuurder, het gesê bedrieërs kies ‘n lukrake selfoonnommer en probeer eWallet tussen dié nommer en hul eie slimfoon te koppel. Die bedrieërs sal kliënte met ‘n verskoning kontak om hul pinnommer in die hande te kry. Sy waarsku kliënte om nooit enige pinnommers of wagwoorde telefonies te verskaf nie. Beukes verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *