N$6 miljard verlies as ‘Rooilyn’ verwyder word

Namibië kan ses miljard Namibiese dollar aan inkomste verloor indien die veterinêre kordonheining, ook die sogenaamde Rooilyn, verwyder word. Die Lewendehawe Produsente-organiasie se voorsitter, Thinus Pretorius, het gesê Namibië kan sy dieregesondheidstatus verloor indien die Rooilyn verwyder word. Affirmative Repositioning se leader, dr. Job Amupanda, het verlede week ‘n hofdokument in die Windhoekse hoërhof ingedien om die sogenaamde koloniale struktuur binne 90 dae te verwyder nadat sy vleis daar gekonfiskeer is. Pretorius het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê rooivleis is ‘n belangrike verdiener van buitelandse valuta.

Thinus Pretorius het verduidelik wat die regering in hierdie verband kan doen.