Binnelandse sake-ministerie besoek personeel in Kunene

Die uitvoerende direkteur van die ministerie van binnelandse Sake, Etienne Maritz, wat minister Albert Kawana op sy besoek aan die Kunene-streek vergesel het, is tevrede met projekte in die streek wat met die ministerie verband hou. Hy het personeel in die streek egter gemaan dat hulle uitdagings in die gesig staar met mense wat hoë eise stel om nasionale dokumente te bekom, en sommige mag volgens hom poog om dit op ‘n onwettige manier te bekom.