Fishrot: Staat vra vir bevel oor dokumente

Die voorverhoor verrigtinge in die Hoërhof handel op die oomblik oor ‘n aansoek wat die Staat wil bring. Advokaat Ed Marondedze sê daar is ‘n groot risiko oor die bekendmaking van inligting in verband met die saak. Hy het aan Regter Christie Liebenberg gesê dat inligting wat met die verdediging gedeel is, uitgelek het na die media en dus wil hy vra vir ‘n bevel wat partye verbied om inligting te openbaar voor die in die hof bekend gemaak is. Die Staat het nog nie al sy dokumente aan die verdediging voorsien nie, as gevolg van die vrees dat die publiek sal word. Regsverteenwoordigers van die Fishrot-beskuldigdes sê op hulle beurt dat die Staat skuil agter die feit dat hy nie gereed is om die saak aan te kla nie en net sake verder wil vertraag. Daar is ook vroeër bevestig dat daar drie aansoeke vir uitlewering is waarvan twee reeds afgelewer is. Die verhoor duur voort.