APP bly oor ReconAfrica, vra ontwikkeling

Die All People’s Party wat baie gewild in die Kavango-streke is het ‘n beroep op die Kanadese firma ReconAfrica gedoen om die ontwikkeling van die 2 streke by te staan. Recon boor op die oomblik vir olie in die gebied en het positiewe uitslae aangekondig. Die party se Sekretaris-Generaal Vincent Kanyetu sê die maatskappy moet ‘n beter aanbod maak oor hoe hy die streke gaan ontwikkel sodat inwoners voordeel daaruit kan trek en dit sluit opleiding en die ontwikkeling van vaardighede in. Infrastruktuur moet ook verbeter word, veral paaie en vervoer en die groen skemas moet bygestaan word. Recon het onderneem dat tradisionele owerhede groot voordeel uit sy teenwoordigheid in die streek sal trek.