Fishrot-saak uitgestel, samevoeging van sake ook

Die 10 Fishrot-verdagtes het vroeër voor Regter Christie Liebenberg verskyn met ‘n aansoek om die twee sake, die 150 miljoen doller omkoopsaak en die Nengomar Pesca Namibië belastingontduikingsaak, saam te voeg. Liebenberg het die aansoek tot 12 Julie uitgestel en die voorverhoor verrigtinge tot 17 Junie. Die beskuldigdes se regsverteenwoordigers het bevestig dat hulle al die dokumente, soos aangevra, van die Staat ontvang het. Die 10 bly in aanhouding.