Beslag gelê op 1 000 skerpioene by grenspos

Lede van die Suid-Afrikaanse weermag het by die Beitbrug-grenspos in Limpopo op ‘n uiters ongewone natuurlewe-besending afgekom terwyl hulle die landsgrense beveilig het as deel van Operasie Corona. Hulle het beslag gelê op meer as ‘n duisend keiser-skerpioene, 42 Natalse skarnier-skilpaaie en ‘n Nyl-krokodil. Die diere was styf verpak in plastiekkanne met klein gaatjies daarin en is saam meer as 800 000 Namibiese doller werd. Die Weermag sê skerpioene word as troeteldiere verkoop en in Asiatiese lande ook vir mediese doeleindes gebruik. In Indië word dit gerook.