Fishrot-lot moet maar gewoond raak aan tronk-akkommodasie
Soos dinge nou lyk, sal die Fishrot-lot tot hul verhoor begin en dalk selfs voltooi, in aanhouding bly. Die groep, waarvan die meerderheid elite lede van die Namibiese gemeenskap was, sukkel met die omstandighede in die gevangenis. Kommissaris Sam Shaalulange van die Namibiese Korrektiewe Diens se sentrale personeel direktoraat sê dis ‘n gevangenis en dat hul voldoen aan al die VN se standaarde…