Fishrot: is Swapo betrokke of nie?

Daar is teenstrydige berigte oor die betrokkenheid van Swapo by die Fishrot-skandaal. Die Namibian-dagblad het onlangs berig dat die omstrede prokureur Sisa Namandje in ‘n verklaring aan die Teenkorrupsie-kommissie bevestig het dat sy regsfirma 23 miljoen dollar van die Fishrot-fondse hanteer het waarvan 7,5 mijloen oorbetaal is vir die regerende party se verkiesingskongres in 2017. Hy het ook melding gemaak van verskeie ander betalings. Maar, die NBC berig dat die direkteur-generaal van die kommissie Paulus Noa, bevestig het dat hulle ondersoek nie Swapo met die omkoopskandaal kan verbind nie.