Beurtkrag tot Sondag

Eskom het aangekondig dat fase twee-beurtkrag vanaf 10-uur vanoggend tot 10-uur Sondagaand in die buurland ingestel gaan word. Dit is weens die vertraging met die inbedryfstelling van opwekkingseenhede by die Kusile, Tutuka, Duvha en Kendal-kragstasies in Mpumalanga en die Koeberg-kragsentrale in Kaapstad. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsa, sê dit word vererger deur die hoë winter-aanvraag gedurende die dag wat deur die kouer weer veroorsaak is: