Finland stuur hulp vir Covid

Na die vinnige opvlam van Covid-gevalle in Namibië, het die regering van Namibië deur sy ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking ‘n amptelike versoek van steun aan die Europese Unie se burgerlike beskerming ingedien. Die EU-ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila, het gesê die lewering van lewensreddende hulp aan lande soos Namibië moet gekoördineer en bespoedig word. Twaku Kayofa, mediabeampte van die Europese Unie in Namibië, sê bystand is op pad.