Finland se Navo-aansoek is slegte nuus vir Rusland

‘n Politieke kenner het gereageer op die Sweedse eerste minister, Magdalena Andersson, wat bevestig het Stockholm sal in Finland se voetspore volg en om Navo-lidmaatskap aansoek doen. Jens Stoltenberg, Navo se sekretaris-generaal, het reeds gesê dié twee lande se aansoeke sal bespoedig word. Die Suid-Afrikaanse politieke kenner, professor Andre Duvenhage verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat dit vir Rusland kan beteken.