Finansiële ondersteuning vir Trump neem af

Oudpresident Donald Trump se aanlyn fondsinsameling het die afgelope maande afgeneem wat vrae laat ontstaan oor hoe sterk sy invloed op die Republikeinse Party nog is. Internasionale nuusagentskappe berig dat Trump se politieke komitees het tussen April en Junie sowat 18 miljoen Amerikaanse dollar ingesamel, sowat 2 miljoen minder as in die vorige drie maande. Die daling word nou reeds vir nege maande aangeteken. Intussen groei fondsinsamelings vir ander kandidate in aanloop tot die 8 November-middeltermynverkiesing. Terwyl Trump te kenne gegee het dat hy in 2024 vir president sal staan, dink ongeveer ‘n kwart van die Republikeine hy moenie, volgens ‘n Reuters/Ipsos-peiling wat in Junie gedoen is.