Longsiekte is onder beheer

Longsiekte in die noordelike streke van Namibië is nou onder beheer, het die departement van veeartsenydienste in die landbouministerie bevestig. Dié aansteeklike siekte onder beeste en buffels het in verskeie dele van die streke van Kavango-Wes, Ohangwena, Oshikoto en Omusati voorgekom. Die ministerie het ‘n inentingsveldtog teen longsiekte van stapel gestuur. Die hoof-veertsenybeampte in die ministerie, dr. Albertina Shilongo, gee die jongste in dié verband aan Kosmos 94.1 Nuus.