Ekonoom gee redes vir verswakking SA rand

Die Suid-Afrikaanse rand het vandag verder verswak en is sterk op koers na 17 rand teen die Amerikanse dollar. Die verswakking van die rand hou verband met hoe sterk die dollar is op die rug van die vrese vir ‘n wêreldwye resessie en die verwagting dat die Federale Reserweraad van Amerika met sy aggressiewe rentekoersverhogings sal voortgaan. ‘n Suid-Afrikaanse ekonoom, Chris Hart, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.