Fifa laat spanne van 26 toe 

Die wêreldbeheerliggaam, Fifa, het bevestig dat internasionale spanne wat aan vanjaar se Wêreldbeker in Katar deelneem, groepe van 26 spelers mag aanwys. In die verlede is slegs 23 spelers in ‘n groep toegelaat. Die getal is sedert die Covid-19-pandemie aangepas weens kommer oor spelers se welstand. Bestuurders mag ook tot vyf plaasvervangers per wedstryd gebruik. Die 32 lande wat deelneem, moet hulle finale groep se name teen 20 Oktober indien.