Wes-Kaap verwag goeie winter-oes

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê die landboubedryf verwag ‘n gesonde winteroes na dié maand se reën. Volgens berigte was daar meer reën as wat verwag is, wat goed is vir die tuinbou- en graansektor. Meyer sê ondanks die uitwerking van die oorlog tussen Rusland en -Oekraïne, verwag die provinsie om 350 000 hektaar koring vir die 2022/23-boekjaar te plant. Meyer sê sy departement sal voortgaan om boere met klimaats- en ekonomiese uitdagings te ondersteun.